Die Afrika Evangeliese Bond AEB is in 1924 deur drie lerse susters gestig, wat uit 'n sending agtergrond na Suid-Afrika gekom het weens gesondheid redes. Hulle het aanvanklik besef dat daar 'n groot geestelike nood onder veral die polisie is, en ook onder ons eie blanke gemeenskap in die Suid-Wes Kaap. Die groot las in hulle harte was om die Evangelie te verkondig onder almal wat sal luister na die waarheid van God se Woord. Kort na 1924 is besluit om jongmense met 'n besliste roeping tot evangelisasiewerk op te lei by 'n Bybelkollege. Die AEB Bybelkollege "Glenvar" is in Kaapstad begin; die huidige kampus is in Constantia en studente volg 'n 2-jaar diploma kursus.
Na 90 jaar kyk ons dankbaar terug na die manier waarop God hierdie werk gebruik het en steeds gebruik om die Evangelie te bring aan ons eie mense. Daagliks stuur Hy siele oor ons pad — soms in 'n hopelose toestand wat die Verlosser nodig het. Ons las lê ook by die Nikodemus'e wat 'n gedaante van godsaligheid het maar geen lewende getuienis van die Here nie. Die bruid van Christus het voortdurend behoefte aan geestelike groei, en ons vertrou die Here vir Sy leiding.
Die AEB werk in Suid-Afrika en Namibië en voer uitreike uit wat onder andere die volgende insluit:
Die roeping van God in ons lewens is kosbaar en duidelik. Ons dank Hom vir Sy getrouheid en genade, waarsonder ons nie een tree sou kan gaan nie.